Exporamafoto Online
Trust your valuable pictures to the professionals

Igno Kursusse

Hallo Almal,
 
Ek hoop dat dit by julle elkeen nog voor die wind gaan! (letterlik)
Met die Augustuswinde wat begin waai kan ons seker begin regstaan om kersinkopies te doen teen die tempo wat die tyd vlieg!
Ek stuur ‘n opsomming van die kursusse wat ek nog aanbied voor die einde van die jaar. Indien jy belangstel of weet van iemand wat belangstel, laat weet my gerus per e-pos by
igno@intekom.co.za
Hoop elkeen van julle het ‘n fantastiese week!
Groete
Igno
 
GIMP: Donderdagaand, 25 Augustus (eerskomende Donderdagaand) 18:00 – 20:30
GIMP is ‘n kostelose sagtewareprogram wat gebruik word om foto’s te redigeer. In hierdie inleidende kursus verduidelik ek kortliks alles wat GIMP kan doen en hoe belangrike verstellings wat fotograwe aan foto’s maak met GIMP gedoen kan word. Ons behandel aspekte soos
Levels, Curves, Filters, Brushes ens. Al hierdie gereedskap maak van GIMP ‘n wenner vir die persoon wat belangstel om op die mees koste-effektiewe manier hulle foto’s wil redigeer of manipuleer. Kostes: R200.00 per persoon. Die kursus in in “show&tell” format en die program, sowel as ‘n DVD met opleiding word verskaf.
 
Saterdag 27 Augustus (09:00 – 15:00) – Inleiding tot Photoshop - Bloemfontein
In hierdie kursus verduidelik ek die basiese dinge wat elke fotograaf in Photoshop moet ken ten einde beter en vinniger met die program te werk. Kom leer meer - ons gesels (en oefen prakties)  oor Layers, Levels, Curves,Maskers en seleksies. 2 DVD's ingesluit by die prys. Die kostes is R750.00 per persoon en sluit 2 Photoshop OpleidingsDVD’s in.
Saterdag, 3 September 09:00 -14:00 – Basiese Fotografie – Leer ken jou kamera.
In hierdie kursus leer ons oor die basiese verstellings op jou kamera (sluiterspoed, lensopening, ISO, White Balance, fokuspunte, leertipes, ens), ons kyk ook na die beginsels van komposisie, waarna ons prakties gaan oefen om foto’s te neem met hierdie verstellings in gedagte. Kostes R350.00 per persoon, sluit audio CD met besprekings in.
GIMP: Donderdagaand, 15 September  18:00 – 20:30
GIMP is ‘n kostelose sagtewareprogram wat gebruik word om foto’s te redigeer. In hierdie inleidende kursus verduidelik ek kortliks alles wat GIMP kan doen en hoe belangrike verstellings wat fotograwe aan foto’s maak met GIMP gedoen kan word. Ons behandel aspekte soos
Levels, Curves, Filters, Brushes ens. Al hierdie gereedskap maak van GIMP ‘n wenner vir die persoon wat belangstel om op die mees koste-effektiewe manier hulle foto’s wil redigeer of manipuleer. Kostes: R200.00 per persoon. Die kursus in in “show&tell” format en die program, sowel as ‘n DVD met opleiding word verskaf.
Foto Uitstappie - Saterdag, 1 Oktober (Tyd sal aangekondig word) Bloemfontein – Scott Kelby se jaarlikse fotostap
Hierdie fotostap kos niks, dis bloot ‘n heerlike uitstappie waartydens ons saam stap en foto’s neem, dan bietjie later ‘n koppie koffie (elke persoon sal bloot  betaal vir wat hulle drink of eet) saam drink en ons foto’s van die oggend na ‘n gemeenskaplike webwerf laai. Die idée is om sommer heerlik saam te gesels en kuier. Die uitstappie duur gewoonlik ongeveer 2 – 3 ure. Ons sal nog besluit op ‘n geskikte plek.
Saterdag, 29 Oktober 09:00 -14:00 – Basiese Fotografie – Leer ken jou kamera.
In hierdie kursus leer ons oor die basiese verstellings op jou kamera (sluiterspoed, lensopening, ISO, White Balance, fokuspunte, leertipes, ens), ons kyk ook na die beginsels van komposisie, waarna ons prakties gaan oefen om foto’s te neem met hierdie verstellings in gedagte. Kostes R350.00 per persoon, sluit audio CD met besprekings in.
Saterdag12 November, 09:00 -14:00 – Basiese Fotografie – Leer ken jou kamera.

Pricelist 2012