18 July 2010
New Courses
20/07/10 13:46 Filed in: Course
Fotostap uitstappie:
Eerstens, vir almal wat daarmee gestoei het, die skakel na die Photowalk webwerf werk weer http://worldwidephotowalk.com/walk/bloemfontein-free-state-south-africa/ (onthou om jou eie gebruikersnaam en wagwoord in te tik, en al die velde in te vul, anders laat die skakel nie registrasie toe nie) en die van julle wat lus het om eerskomende Saterdag saam te stap is baie welkom - dis 'n informele kuierstap vanaf Grey tot by die UV se Traumerai, waar ons gaan lekker kuier. Daar is geen kostes aan die stap verbonde nie - elke persoon betaal bloot vir hulle eie koffie/broodjie ens by Traumerai. Dusver was dit elke jaar lekker om saam te stap, te gesels, te kuier, en ja - om te sien wat ander afneem. Ons begin Saterdagoggend om 07:30 by Grey se hoofgebou, stap dan deur die terrein - daarna ry almal om na die UV waar ons die laaste foto's neem voordat ons saamkuier. Afhangend van ons getalle dink ek daaraan om dalk sommer by Traumerai 'my nuutste kort motiveringsaanbieding gebaseer op fotografie met julle te deel. Laat weet gerus wat julle dink, en wie sou belangstel om te bly tot so ongeveer 10:45 (Ek weet daar is rugby ook).
Dan wil ek net laat weet oor die volgende kursusse -
Fotografie Beginnerskursus: (Bloemfontein)
Oor die naweek van 13-14 Augustus bied ek weer 'n Beginners Fotografie kursus aan. Ons begin Vrydagaand 18:00 en maak so 20:00 klaar, en werk dan weer Saterdagoggend vanaf 07:30 tot 13:00 met die praktiese gedeelte. (Bespreek asb betyds as julle belangstel, aangesien getalle beperk is) Kostes: R350 ppBespreek asb vroegtydig met e-pos aan: igno@intekom.co.za

Oor die naweek van 27-28 Augustus bied ek weer 'n Beginners Fotografie kursus aan. Ons begin Vrydagaand 18:00 en maak so 20:00 klaar, en werk dan weer Saterdagoggend vanaf 07:30 tot 13:00 met die praktiese gedeelte. (Bespreek asb betyds as julle belangstel, aangesien getalle beperk is) Kostes: R350 pp Bespreek asb vroegtydig met e-pos aan: igno@intekom.co.za
Nuwe Kursus: GIMP! - Fotoverwerking sonder enige kostes!
(Woensdagaand 18 Augustus) - 18:00 - 20:30
Nie almal van ons kan Photoshop of ander programme bekostig nie. In hierdie kort kursus van 2-3 ure demonstreer ek die moontlikhede van die sagtewareprogram GIMP wat sonder enige koste van die internet afgelaai kan word. Dis sommer 'n heerlike kursus en die wat die kursus bywoon sal ook 'n CD met die sagteware op kry. Onthou egter die kursus is nie prakties nie en meer van 'n "show en tell." Omdat dit 'n eerste is, poog ek om die kostes so laag as moontlik te hou, en teen R150.00 per persoon is dit dalk die ideale wegtrekplek vir fotograwe wat wil begin met digitale verwerking! Bespreek asb voortydig as u belangstel!
Inleiding tot INDESIGN CS5:
Op Saterdagoggend 11 September is daar 'n Inleidende kursus oor Adobe Indesign CS 5 - dis die eerste van 'n reeks CS5 kursusse, en almal wat hulle fotografie nog 'n stap verder wil neem is welkom om hierdie kursus by te woon - 09:00 - 15:00, R550 per persoon. Bespreek asb vroegtydig met e-pos aan: igno@intekom.co.za
Vertel stories met jou foto's:
(Maandagaand 20 September 18:00 - 20:30 slegs 10 persone)
Leer die basiese reëls van komposisie en gebruik Microsoft se program Photostory om jou eie musiek en bewegings by foto's te sit. Photostory word verskaf, aangesien die program kosteloos van die internet verkry kan word. Kostes R200.00 per persoon. Daar is nie praktiese kamerawerk tydens die kursus nie, maar die program word wel prakties geoefen. Bespreek asb vroegtydig met e-pos aan: igno@intekom.co.za
Kind Regards/Vriendelike Groete,
Igno van Niekerk
083 376 1330
My Motivational blog (English): www.pixelpostcards.com
My Fotografienetwerk (Afrikaans): www.fotoskool.ning.com
My Leadership network: www.postcards2leaders.ning.com
Personal Photography: www.ignofotos.blogspot.com